Ek het al telkemale kere in my jeug gewonder waarom is daar soveel bohaai oor finansies. Ook het ek nooit belang gestel oor dié onderwerp nie en finansiële bewustheid was iets wat ek eerder oorgelaat het aan politiese leiers,

Om dié rede moes ek my ‘bourgeis’ gewoontes aanpas. Ek moes eerstens my vrees vir plooie baasraak en my gesigroom aankope halveer. Ek het ook beleg in hoedens (“wees altyd op hoede vir die son,” het my ouma altyd gekarring). Ook het ek begin twee-maal dink oor die waarde van alkohol wanneer ek sosiaal verkeer. My brein het outomaties begin uitwerk hoeveel petrolgeld ek mors na elke drankie. Onverwags proe bier bitterder en ʼn tequila shot ʼn honderdmaal slegter as voorheen. Laastens moes ek begin werk. Dit is sekerlik die tragieste verandering van die lot. My dae van rondlê en televisie reekse inryg tussen klasse is daarmee heen.
As jongmens was dit baie eenvoudig om by jou ouers aan tafel te gaan sit en ʼn maaltyd te geniet. Selfs as koshuisstudent het ek net ʼn ete bestel en dit gaan optel sodra my maag begin grom het.

Slegs die dag wanneer ek my eie geld verdien het en nie een van hierdie luukshede tot my beskikking gehad het nie, het ek die wonderwerke van gebakte bone en two minute noodles ontdek. Met net genoeg kreatiwiteit kan jy enige vervelige dis in ʼn feesmaal omsit.
Die waarheid is, om jou eie geld te verdien en dit goed te gebruik is ʼn moeilike vernuf om aan te leer. Dit vat jare se oefening en kopstamp om dit eers onder die knie te kry. Daar is wel nie ʼn meer bevredigende gevoel as finansiële selfstandigheid nie. So ek het maar al my gemoed versamel en geluister na meneer Pravin Gordhan se lang toespraak terwyl ek heerlike aan my soet-suur gebakte bone met vars basilblaar toebroodjie smul.