Wednesday, October 13, 2010

Onttrekkings simptome

Ek het vanoggend baie lukraak op hierdie gedig afgekom. Ek weet nie wie hierdie dame is nie maar Sanette, jy praat woord-vir-woord met my siel.

Onttrekkings simptome
Sanette Engelbrecht


My hart het sy punt bereik
waar omdraai ʼn moet is
alvorens my siel
in tyd stil gaan staan
met die wete
dat jy nou weg is.
In vlees dwaal jy hier rond
dwing my tot die afgrond
waar ek na my gesig
in die water staar
wat my al nader trek.
Verby is die nagte
angsbevange natgesweet
wagtend op die dagbreek
wat uitlokkend lag
dit het my weer betrap.
Die nagmerrie was nie ʼn droom nie
en ek nog minder vroom
toe ek maar weer
en weer en weer
jou menswees gelate
teen my hart druk.

No comments:

Post a Comment