Tuesday, November 2, 2010

Kook en Geniet #2

Ek gaan nie eers probeer nederig wees nie, maar ek is inderdaad ‘n bobaas kok. Ek kan vir ure agter die stoof staan en eienaardige kombinasies kwyt raak. Ek het die afgelope twee dae ‘n storm op gekook. Ek wil baie dankie vir Pieter en Marie sê wat beide opgewonde en braaf genoeg was om al my meesterstukke te beproef. Marie het selfs genoem dat ek genoeg kooktalent besit om iemand se hart oor te wen. Ek gaan nie stry nie.


‘n Sappige stukkie beeshaas met ‘n geel, groen en rooi soetrissie en balsamiese asyn sous. Bedien saam met vars groente en koes-koes.


Kersietamatie, babamurg pampoentjies en olyf pasta.


Bruchetta met basiliepesto, kersietamatie en feta kaas. (My gunsteling!)


Die familie wat my lewe met liefde vul. Piet, Marie, Nino, Gina, Max, Sammy en Molly (Molla’tjie). Ek het bitter baie skindernuus oor hierdie familie, en te min spasie op my blog. So vir meer informasie stuur gerus vir my ‘n e-pos. Marie en Pieter het baie geraamtes in die kas en ek brand om dit te deel met iemand.

No comments:

Post a Comment