Tuesday, November 30, 2010

Sy het my dag gemaak...

My dag het tragies begin. Die Engelsman sou die uitdrukking gebruik het ‘ek het vanoggend aan die verkeerde kant van die bed opgestaan’om dit te verduidelik. Die rede vir hierdie woes begin was oordat ek sorgvry gisteraand vroeg in die kooi gaan klim het, met die wete dat ek vroeer gaan moet opstaan om vir my her-eksamen te swot. Dit het die heel aand by my gespook. Vanoggend vroeg het ek met groot moeite myself uit die bed gesleep en dadelik agter die boeke ingespring. Soos gewoonlik probeer ek dus om ‘n magdom informasie in my kop te forseer. Met ’n kloppende hoofpyn en ‘n onderdrukte angsgevoel vertrek ek kampus toe. Ek was natuurlik laat en nat van vanoggend se sporadies motreëntjie. Wonderlik! Al hierdie struikelblokke moes ek ook nog aandurf sonder een koppie rooibos met heuning. Dit was aaklig!

Maar my gemoed het dadelik verbeter na my toets en ek uiteindelik my tee geniet en ‘n epos ontvang van my goeie vriendin, Elaine wat tans in Australia vertoef. Die epos se opskrif het gelees, “LEES EERS VOOR JY DIE ATTACHMENT OOP MAAK.”
Dadelik gaan kyk ek die aangelaste foto’tjie (jammer ek kon die temptasie nie weerstaan nie) en sien ‘n bitter ou en verwaarde lose motorvoertuig. Saam met die foto spog Elaine van haar nuwe 1987 Mitsubishi Magma Elite wat sy gekoop het. Sy vertel ook hoe die voertuig outomaties is en hoe hy nog loodpetrol gebruik (en hoe sy geen idee het waar om dit aan te skaf). Verder pronk sy opgewonde oor hoe sy nie kan wag om ‘n Chinese waaier voorop te sit en kassette te speel terwyl sy naweke die stad gaan verken. Ook doop sy die motor, “Granny Mobile.” Die laaste sin van die epos lees, “En net terloops die is nie 'n grap nie, ek is dood ernstig!”

Dit was eers nadat ek myself weer terug op die stoel plak wat ek besef hoe hard ek sopas gelag het. Die hele ry moeë studente in die biblioteek staar verleë na my en sukkel om te verstaan hoe iemand durf in die eksamentyd lag. Ek kommer vir ’n oomblik of ek nie my broek natgemaak het van die skaterlag nie maar was verlig toe ek sien dat dit net my bottel water was wat ek met die slag omgestamp het. Ek bekyk die kiek van vooraf, verbeel Elaine in hom, en lag van voor af. Meteens spring ek aan’t werk en skryf hierdie blog.

Hierdie blog se doel is geensins om my vriendin te verneder nie. Ek onthou net destyds toe ek in my eerstejaar deur my ‘Crocks fase’ gegaan het, het Elaine dit goed gedink om ’n Facebook groep te stig, “Red vir Ryno.” In hierdie groep pleit Elaine aan almal om asseblief by die groep aan te sluit sodat ek sal summier ophou om Crocks te dra. Saam met die groep was daar ook baie vernederende kiekies van my wat uitkamp, dans en kuier met my gunsteling paar Ackerman Crocks aan. So al wat ek gaan sê is, ‘payback!’


Nou vir al die lesers wat dink ek is gemeen en onsensitief, wil ek julle net inlig: Ek is mal oor haar nuwe motor! Ek met my Vuka is ’n kenner van alternatiewe vervoer en die motors van vandag verveel my. Ook kan ek vir niemand anders behalwe Elaine sien ’n 1987 Mitsubishi Magma Elite ‘rock’ nie. Ek kan nie wag totdat ek vir haar gaan kuier en ons albei die land van die gevangenes bekyk deur haar ‘vizor’ vensters. Ons gaan hom albei ‘rock’ Elaine!

3 comments:

  1. LOL, dis net HILARIOUS!!!!
    Ek love dit!!

    Hugs
    Robby

    ReplyDelete
  2. Ryno, jy sit 'n glimlag in my hart!
    Ek tel vanaand die Granny Mobile by die lughawe op.. Kan nie wag nie!
    So bly ek het jou dag gemaak!
    Lief lief lief

    ReplyDelete
  3. ..shoe! CROCS? REGTIG!! Goeie vriendin die Elaine.

    ReplyDelete