Monday, September 6, 2010

Kook en geniet

Die gevreesde semestertoetse is om die draai en ek word oorgelaat aan ʼn magdom van sinnelose informasie. Ek staar vir ure lank na die rekenaarskerm en wonder hoe gaan al daardie informasie in my kop kom. Teen my bittere spyte weet ek osmose gaan nie hier intree nie en ek probeer verder leer maar dit sukkel nog.

Die afgelope naweek het ek tussenin al my studietyd (of seker in plaas van studietyd) ʼn nuwe stokperdjie ontdek… bak! Ek moet bieg, vier dae terug het my bak-kennis gestrek tot en met skons en muffins maak. Jy sien (jammer ma), as kind het ek nooit my ma sien bak nie. Sy was bitter sku as dit kom by koek-maak en het altyd vir my haar gunsteling mikrogolfkoek gemaak as ek haar neul vir ʼn soetigheid. Ek onthou ook een jaar, lank gelede het sy ietsie probeer maak spesiaal net vir my. Die half tipe toffie gedoente was potblou met ʼn eienaardige sout agtersmaak. Nie-te-min het ek pouses met almal op die skool gronde gedeel (selfs met my juffrou wat dit vriendelik van die hand gewys het) wat my ma vir my gekweek het.

Met bitter min kennis van hierdie kuns het ek die kombuis ingevaar en alles versier met meelblom en bakpoeier. Ek het allerhande kombinasies (wat selfs Hilda sal laat stik) probeer en lekker gesmul aan my ontwerpe. Hier is ‘n paar van my gunstelinge rariteite:


Maple stroop en Cremora koekies met heerlike koppie boeretroos.


Lekker varsgebakte brood.


Butternut en cinamon brood.

Om te bak is heerlik, maar nou moet ek leer en kombuis skoonmaak (sug!).

No comments:

Post a Comment