Saturday, September 18, 2010

Maak jou ore oop!

Net ’n kort gedagte...

Aan al die wat on ophoudend praat. Die babbel-bekke van ons tyd. Julle besoedel ons kosbare aarde met julle sinnelose inligting. Om vir julle te luister is sieldodend. Julle is gans en al te gewoond om julle stemme te hoor eggo oor enige onderwerp wat bestaan. Julle neem selfsugtig die aandag wat beter benut kan word op ander dele van hierdie planeet. Deur om konstant te neul, preek of oordeel neem julle ook die kans om te leer van ander. Julle weet ongelukkig nie alles nie.

So ek vra net: Hou op! Bly stil! Leer luister. Om te luister is soms soveel meer verrykend.

Hierdie is op niemand spesifiek gemik nie maar as jy voel jy kan identifiseer met een van die bogenoemde, vat asseblief iets van hierdie stukkie.
Dit is al vir nou.

No comments:

Post a Comment